U Gasvrou


 Jackie Steyn

Jackie is 'n kunstenaar en ook 'n hoŽrskool onderwyseres en het haar kwalifikasies aan die Universiteit van die Oranje Vrystaat verwerf.

Sy is ook 'n stigterslid van die Vrystaatse Sjefs Assosiasie en lid van die Suid-Afrikaanse Sjefs Assosiasie.

Sy beskik oor 'n uitstekende onthaalperseel, met 'n kultuur-historiese agtergrond asook 'n restaurant en gastehuis.

Sy is reeds sedert 1992 in die gasvryheidsbedryf en spesialiseer in spyseniering vir spesiale gebeurtenisse.

Sy is voortdurend besig om haar produkte en dienste te verander om by die veranderende vraag van die mark aan te pas en om iets nuuts daar te stel. So is sy byvoorbeeld tans besig om 'n klipstalkerkie te Leeuwberg, oorkant Onze Rust, op te rig. Gehalte word egter deurgaans altyd eerste gestel.